Ek weet hoe dit voel om jouself te verloor…

Daar was ’n tyd waar ek gevoel het ek is besig om net te oorleef.

Werk, verantwoordelikhede en die daaglikse druk het my stadig weggetrek van wie ek werklik is.

Maar dit het my nie net by myself laat stilstaan nie…

Ek het begin sien hoe dit met ander mense ook gebeur. Selfs met kinders, wat hulself begin verloor in ’n wêreld wat net vinniger en harder raak.

Ek het besef dat as ek nie doelbewus in myself belê nie, ek nie die lewe kan lei wat ek vir myself en my gesin wil hê nie.

Dis toe wat iets in my verander het.

Ek het besef:

As ek hierdie pad kan stap, die moeilike, maar regte pad, dan kan ek ander ook help om dieselfde te doen.

Dit was ’n doelbewuste keuse, om weer te kies, en terug te kom na my wortels. 🌱

Hoe ek JOU help

Ek help mense om weer te kies.

Om stil te raak, eerlik te wees met hulself, en die moed te hê om weer vorentoe te beweeg.

Saam bou ons:

  • Duidelikheid oor wie jy is
  • Balans tussen werk en lewe
  • ’n Pad wat nie net maklik is nie, maar reg is vir JOU

KIES NOU JOUSELF!

Jy hoef nie alles alleen uit te figure nie. Ek stap die pad saam met jou.

Scroll to Top